Daidalos

Daidalos maak vlerke vir hom en seun Ikaros, 1888.

Daidalos of Daedalus (Grieks: Δαίδαλος; "handige werker") was in die Griekse mitologie ’n talentvolle vakman. Hy het twee seuns gehad, Ikaros en Iapuks, asook ’n susterskind wie se naam wissel. Daidalos het onder andere die Labirint op Kreta gebou waarin die Minotourus (halfman, halfbul) aangehou is en talle toestelle en stukke gereedskap uitgevind. Hy het later saam met sy seun Ikaros van Kreta ontsnap deur op vlerke wat hy van vere en was gemaak het weg te vlieg.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search